Lucky Pet word by Oceana Brands se fabriek in St Helenabaai verwerk, waar die bekende Lucky Star ook vervaardig word.
Lucky Pet produkte is gaar, suiwer vis met bygevoegde vitamiene en minerale wat spesiaal geformuleer en dieetkundig gebalanseer is om in al jou kat se behoeftes te voorsien.
Lucky Pet is een van die grootste katkos-handelsmerke in Suid-Afrika. Lucky Pet Pure Pilchards is verreweg die grootste verkoper in Suid-Afrika en Lucky Pet Pure Sardines nommer twee in alle groot kleinhandelaars.
Lucky Pet produkte word deur die groothandel en kleinhandel in Suider-Afrika versprei deur ‘n uitgebreide netwerk verkoopagente en derderparty-pakhuisgeriewe.
Omtrent Oceana Brands
Die Oceana Brands-divisie, deel van Oceana Group Bpk., is hoofsaaklik betrokke by die kusvissery (plaaslik en internasionaal) van diepseevis en die produksie, bemarking en verspreiding van ingemaakte vis met die Lucky Star en katkos met die Lucky Pet etiket.
Vloot
Oceana Brands besit en bestuur ‘n veelsydige vloot van staal, hout en veselglas vanuit vier hawens aan die Suider-Afrikaanse kuslyn.
Inmaakfabriek
Die fabrieke in St Helenabaai in Suid-Afrika en Etosha in Namibië verkry vis van hul eie vlote, samewerkingvennote en kontrakbote. Die fabrieke is internasionaal geakkrediteer en verwerk diepseevis vir die handelsmerke wat deur Oceana Brands bemark word.
Vismeel en visolie
Drie aanlegte produseer vismeel van ansjovis en makriel. Vismeel en visolie word hoofsaaklik in dier- en akwavoer gebruik.
Webtuiste: www.oceana.co.za/divisions/oceana_brands/default.php.
Cats come in many breeds, each with its own appearance, history and distinct personality.
BreedsLet's face it, there's always something new you can learn about your little fuzzy bundle of joy.
Cat Care