Produkte

Katte is karnivore en het hoë vlakke proteïen in hul dieet nodig. Visgebaseerde proteïen bevat al die noodsaaklike aminosure wat katte nodig het om gesond te bly (dit sluit die aminosuur tourien in, wat ‘n noodsaaklike voedingstof vir jou kat is) en ‘n lenige lyf en spiere te verseker. Visproteïen het ‘n hoë biologiese waarde en word afgebreek in die aminosuurbestanddele. Die sterker geur en smaak van viskatkos sal jou kat aanmoedig om te eet! ‘n Goed geformuleerde katkos, of dit nat (in ‘n blikkie) of droog (korrels) is, is een met genoeg proteïen, voedingstowwe en vetsure. Die belangrikste is om vir jou kat kos te gee waarvan dit hou en ook voedsaam is. Lucky Pet gee dit alles vir jou kat!  

 

Lucky Pet Supreme Kibbles

Lucky Pet Supreme Droë Katkos

Lucky Pet Supreme Droë Katkos kom in twee gerieflike groottes (1 kg en 1.8 kg). Die pakke is herseëlbaar en daar is twee heerlike soorte: With Pilchards & Lobster flavour en With Sardines & Seafood flavour. Kraaklekker Lucky Pet Supreme korrels is wetenskaplik geformuleer om jou kat n volledige en gebalanseerde dieet te bied. Dit bevat al die heilsaamheid van vis en is aangevul met noodsaaklike vitamiene en minerale. Dit het baie voordelige voedingstowwe, naamlik: antioksidante vir ‘n sterk immuunstelsel, Omega 3 & 6 vir ‘n dik, blink pels en tourien vir ‘n gesonde hart en oë. Lucky Pet Supreme Droë Katkos is spesiaal gevorm om tande skoon te hou en plaak te voorkom.

Variants:

Lucky Pet Supreme Kibbles - Sardines Seafoood Flavour
Lucky Pet Supreme Kibbles - Pilchards Lobster Flavour

Supreme Kibbles
 
 
Newsletter

Subscribe to our newsletter
 

Cat Tail of the MonthCat Tail of the month

Kushy

Feb 5, 2011

Kushy was found in a municipal rubbish bin by one of our staff members when she was only two weeks old. We hand reared her and today she is a most amusing member of our family. When she was still a kitten she would travel with us when we transported our horses to the races and would find a shoulder to sit on. She meows \"talks\" when the telephone rings or a motor car stops in the driveway. Her favorite past time is to sit in the dining room window sill and \"growl\" at the people passing by in the street.

More Cat Tails